Gedurende die vyftigerjare het die Stadsraad van Pretoria, 16 erwe in Danville aan die NHSV geskenk, waarop twee ouetehuise beplan is, Die Van Rensburg en Louis Trichardt Monumenttehuise. Louis Trichardt Monumenttehuis is opgerig vir 75 gesonde bejaardes.
Hier word behuising aangebied as kamerfasiliteit, wat 3 etes en sekere ondersteuningsdienste insluit. Die tehuis bestaan uit 71 kamers.
Monument Dienssentrum en Louis Trichardt behuisingkompleks funksioneer baie nou saam en is loopafstand van die tehuis. Sosiale- en ontspanningsprogramme word op hierdie wyse aan die bejaarde gebied.