Die geskiedenis van ons huise

EMILY HOBHOUSE 

Toe die “ou Emily” ontruim is vir sloping in 1982,  is die bejaardes tydelik na  ander tehuise oorgeplaas – party na Louis Trichardt Tehuis,  die verswaktes na Van Rensburg Tehuis, sommiges na familie en 25 het na ‘n plot verhuis naby die Wonderboom Lughawe – wat ons “Makeeripas” genoem het.   Met hierdie blyery in Makeeripas, het daar reeds ‘n gevoel van ‘n groot familie tussen die inwoners ontstaan.    In September 1983 het lede van hierdie “familie” reeds na die onklaar “Nuwe Emily” oorgetrek, saam met mev Kitty Roos, die welbekende Maatskaplike Werker van die Monumenttehuise, om toesig te hou oor die skoonmaak van die plek en al die nuwe voorrade te ontvang.

Die NHSV dames het om die beurt in spanne kom help –  gordyne is gesny,   gemaak en gehang,  al die vloere is “gestrip” en gepolitoer, die ingeboude kaste is gewas,   die beddens is almal oorgetrek met nuwe beddegoed, skottelgoed is uitgepak en  gewas.

In Oktober 1983 het die res van die “ou”  inwoners begin terugkom – Die verswaktes het die eerste en tweede vloere betrek, die derde vloer was die rolstoele, die vierde vloer die wat met krukke en looprame geloop het, die vyfde en die sesde vloere was die mense wat hulle nog self kon help.  Baie van hulle het hulp aangebied deur te help om tafels te dek.

Op 27 November 1983 is die nuwe gebou in gebruik geneem as ‘n Tehuis.

In 1996 is die tehuis omskep in  Behuising vir bejaardes wat nog selfstandig funksioneer.

Ons hou ook nie hier op met droom nie.  Daar is nog groot  nood vir behuising en daarom beplan ons om nog 13 woonstelle vroeg in  2002 te begin bou.   Die eerste intrekkers neem hulle intrek in by Kismet Desember 2003

PIET POTGIETER

Met die 25 jarige bestaan van die NHSV word die Piet Potgieter Monument Tehuis geopen deur Minister J J Serfontein op 11 September 1965. Hierdie tehuis is deur die argitek RH Veitch ontwerp en is op 11 September 1965 op Potgietersrus ingewy.  Die voorsitter van die bestuur was mev LL Coetzee.  In die jare word die Tehuis bestuur deur Mev L L Coetzee, matrone  en Huisbestuurkomitee, wat nadat sy oorlede is in 1967, gedenk is deurdat die eetsaal van die tehuis na haar vernoem is.  Die eerste matrone mev P Smit, het ook ‘n behoefte gesien van inwoners wat ouer word en versorging nodig het.  In 1973 het die kongres besluit om ‘n versorgingseenheid aan te bou.  Argitek R H Veitch  word genader vir die nodige planne.   Ds David Dreyer het die onderhandeling van die grond hanteer.  Die NHSV takke en die plaaslike gemeentes  en Ds B van Wyk het baie hard gewerk in die jare. Hulle het gehelp met fondsinsameling. Die bou argitekte Du Plessis en Blignaut en die bouers  Degenaar en Steyn

Die Tehuis se nuwe deel word eers in 24 September 1983 in gebruik geneem. Gedenksteen word onthul deur Mev Kotie Viljoen.  Die nuwe matrone na mev P Smit was A Pistorius en toe mev M Nortje.  Op 26 September 1986 was Piet Potgieter 21 jaar oud aan die stuur van sake was, matrone J van der Merwe en Huisbestuur voorsitter Ds B van Wyk.  Ds B van Wyk word opgevolg deur Ds P Kotze, Ds G Malan

Hier word ‘n 24-uur allesomvattende diens vir 88 verswakte bejaardes en gestremde inwoners gelewer, met die diens gefokus op kwaliteit van lewe.   Professionele personeel is 24-uur beskikbaar vir die versorging van die inwoners.

Aftree-oord

Piet Potgieter Tehuis beskik ook oor ‘n pragtige aftree-oord, bestaande uit 16 luukse meenthuise met pragtige tuine, wat gekoop word op okkupasieregbasis.   Aanliggend tot die tehuis is ook ‘n woonstelblok met 52 wooneenhede waar enkel, asook egpare pragtige eenhede kan huur volgens behoefte.   Van die eenhede is ook te koop op okkupasieregbasis.   Daar is ook 3 dienshuise geleë wat op die Abbeyfield-konsep funksioneer, wat huisvesting aan  15 bejaardes bied.   Inwoners van dienshuise beskik elk oor ‘n eie kamer en badkamer.   Dienste sluit 2 maaltye in.

Die tehuis word vandag bestuur deur mev Mariaan van Tonder en die Huisbestuur voorsitter is ds HSK Nel.  In hierdie tyd is verskeie bou projekte deur hulle geinisieer.


AMOT

Die behoefte aan ‘n ouetehuis op die Vrystaatse platteland is deur ds en mev AJG Oosthuizen na hul aftrede op Parys geïdentifiseer.   Die tehuis, onder beskerming en bestuur van die Monumenttehuise van die Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging, is na beide

Ds en mev Oosthuizen vernoem.   Gedurende 1985 word die tehuis met 45 bejaardes in gebruik geneem.

Benewens die kamers en huurwoonstelle is in in 1988 vyf woonregwoonstelle en in 1990 nege woonregkamers bygevoeg.  Vir die eerste drie maande het mev CE Roos opgetree om sake op ‘n vaste voet te plaas.  Mev JE Viljoen het aanvanklik die Bestuur van die tehuis gelei, en sy is in 1987 deur mev H Brayshaw opgevolg.

Tans funksioneer die tehuis as ‘n versorgingsafdeling vir 25 verswakte bejaardes en ‘n behuisingseenheid waar bejaardes wat nog selfstandig funksioneer in kamers en in woonstelle woon en ondersteunende dienste vanuit die tehuis ontvang.

LOUIS TRICHARDT

Gedurende die vyftigerjare het die Stadsraad van Pretoria, 16 erwe in Danville aan die NHSV geskenk, waarop twee ouetehuise beplan is,  Die Van Rensburg en Louis Trichardt Monumenttehuise.  Louis Trichardt Monumenttehuis is opgerig vir 75 gesonde bejaardes.  Die ontwerp is gedoen deur mnr Bosman van die firma Neethling en Bosman.

Die Nederduitsch Hervormde Weeshuis-bouers het reeds die volgende maand met die bouwerk begin.  Hierdie huislike huis se eerste gedenkplaat is op 20 Maart 1957 onthul.   Die eerste inwoners van Louis Trichardt het in 1958 ingetrek, en die inrigting is in November 1958 amptelike geopen.

Na sowat 9 jaar se worstel en wroeg met al die owerhede, kry mev Kotie Viljoen, destydse Direkteur Bejaardesorg, in 1990 die groen lig om te begin met die opgradering van die Tehuis.  Op 20 Augustus 1993, word die Tehuis in hergebruik geneem.   Op die oomblik huisves die kompleks 80 inwoners, wat nog almal selfstandig funksioneer.

In 1982 stel die tehuis hul eie maatskaplike werker aan, mev Debbie Grey.  Mev Marié Dreyer was vir baie jare huisbestuurvoorsitter,  totdat ds Ronél Eckard haar in 1992 opgevolg het.   Di Eddie en Ronel Eckard was ook as pastoriepaar van Elandspoort betrokke by die inwoners se wel en weë.

Mev Sannie Duvenage volg ds Eckard.  Die huidige voorsitter me Isme Dalton.


VAN RENSBURG

Gedurende die vroeë vyftigerjare het mev MR Oosthuizen (Eerste voorsitter van die NHSV) die behoefte vir die versorging van verswakte bejaardes geïdentifiseer tydens ‘n kongres van die  Nasionale Raad vir Bejaardes.

Sy het die gedagte aan die NHSV oorgedra en op 7 November 1959 is Van Rensburg Tehuis se deure amptelik geopen.   Die behoefte vir ‘n spesiale afdeling vir die versorging van lyers met seniele demensies is ‘n paar jaar later geïdentifiseer en so word Van Rensburg Tehuis die eerste tehuis wat spesialeer in die versorging van persone met Alzheimersiekte en ander seniele demensies. In April 1970 het die tehuise hul eie maatskaplike werker gekry, mev CE (Kitty) Roos. Mev Roos word opgevolg deur mev J van Rensburg.    Onder leiding van matrone Rensie van Tonder, reeds 28 jaar in diens van die Monumenttehuise,   word  24-uur omvattende versorging aan 113 inwoners gebied.

Mev Bea Steenkamp is die opvolgende Huisbestuur voorsitter wat in 1990 deur Mev A van Wyk  opgevolg word.  Mev A van Wyk was reeds vir 17 jaar die voorsitter van Van Rensburg tehuis en het sy bedank as voorsitter 2007.  Mev Elma du Plessis neem in 2007 die voorsitter stoel in.

ONS TUIS (RIVIERA) 

Ons Tuis se geskiedenis dateer sover terug as 1929 toe die eerste huurhuis in Schubartstraat betrek is, onder leiding van mev Machteld Postmus, stigter van Ons Tuis.  Die groot aantal aansoeke om plasing en die steun van die publike het getoon dat die tehuis in ‘n groot behoefte voorsien het.  Die tehuis was later nie voldoende nie en moes ‘n groter huis vir 20 inwoners in “Zoutpansbergweg”  gehuur word.

Die ideaal was om vir 50 bejaardes voorsiening te maak.  In 1932 het die regering grond nay die nuwe hospitaal aan Ons Tuis geskenk, deur ‘n uitruiltransaksie is die geboue van die ou hospitaal bekom.  In 1937, was daar reeds 127 bejaardes in Ons Tuis.  Mev Postmus moes weens swak gesondheid in 1937 uit die Bestuur tree.  Onderleiding van mev Cooke, die nuwe voorsitter van Ons Tuis, is die uitstaande skuld van die maatskappy afgelos, en ‘n nuwe fase in die geskiedenis van die inrigting aangebreek.

In 1942 het die Hervormde Kerk meer direk by die Bestuur van Ons Tuis betrokke geraak.  Die hoeksteen van die huidige gebou is in 1952 deur die einste mev Postmus gelê.  Mev Elize Mans is al vir die afgelope 13 jaar bestuurder van die Tehuis..   Sy was ook voorheen superintendent by Van Rensburg-, Louis Trichardt- en Machteld Postmus tehuise.

Die behoefte aan verblyf vir en omsien na selfversorgende bejaardes het meegebing dat daar in die tagtiger jare sowel by Riviera as by Machteld Postmus woonstelle aangebou en dienssentrums ingerig is.


MACHTELD POSTMUS 

Machteld Postmus Rushuis vir Bejaardes was geleë in Alexanderstraat 372, Brooklyn, Pretoria.  Die tehuis is vernoem na mev Machteld Postmus, stigter van Ons Tuis en het in 1959 begin funksioneer.   Gedurende die vroeë sestigerjare het die tehuis ‘n afdeling vir verswaktes bygekry.

Tot en met 2002 was Machteld Postmus Rushuis ‘n 24-uur versorgingseenheid vir bejaardes.   Op dieselfde perseel was die:

  • Frans Boshoff Woonstelkompleks
    Die woonstelle word in 1988 in gebruik geneem met 21 woonstelle
    Een- en tweeslaapkamer woonstelle wat op okkupasiereg basis funksioneer.
  • Johannes Postmus Woonstelkompleks
    Die dertig woonstelle van die Johannes Postmus-eenhede  is vernoem na Dr Johannes Postmus (goewerneur van die Reserwebank en lojale ondersteuner van sy vrou se projekte) is in 1985 in gebruik geneem.
    Enkel- en eenslaapkamer woonstelle wat verhuur word of waarvan die okkupasiereg verkoop word.
  • Huis Riekie Boshoff
    Kamerfasiliteite wat verhuur word.
  • Huis McIntosch
    Drie woonstelle wat verhuur word.

Met die vermindering in subsidie is daar besluit om die Machteld Postmus Rushuis te sloop en te ontwikkel as woonregeenhede. Daar is 10 meenthuis woonregeenhede.