ONS TUIS onderskryf die waardes van gelykheid, integriteit, menswaardigheid, verdraagsaamheid, respek, toewyding, en deursigtigheid. Ons visie is om te strewe na hierdie waardes, terwyl ons bekostigbare tuistes vir bejaardes bied en dit met die hoogste integriteit te bestuur. Ons streef om plaaslik en nasionaal vir die welsyn van bejaardes erken te word.
Gemeenskaps betrokkenheid
ONS TUIS is bevoorreg om selfsorg eenhede vir bejaardes te bied. Ons grootste prioriteit is om na die inwoners om te sien en dit op verskillende wyse te doen.
Die Nederduitsch Hervormde kerk se Sustersvereeniging takke (NHSV) tree op as voogde by die verskillende tuistes.
Die verskillende gemeentes, van alle denominasies, waarin die woon eenhede geleë is, speel ‘n belangrike rol in die welsyn van die inwoners. Bybelstudies, bid groepe en liefdadigheids besoeke vind gereeld plaas.
Skole geleë in die omgewing, maak n groot bydra aan die inwoners van ONS TUIS. Hulle bydra word aandgebied in die vorm van speletjies en gereelde besoeke.
Ons wil graag alle individuele wat belangstel nooi om deel te vorm van die groot “Familie” wat betrokke is vir die welsyn van ons inwoners. Kontak ons gerus vir meer inligting.
Borge
As gevolg van die inkorting van subsidies en die toenemende styging in lewenskoste, is ONS TUIS hoofsaaklik afhanklik van borge, donasies, erflatings en skenkings.
Ons erken hierdie bydraes met dank:

ONS TUIS is verbind tot kwaliteit dienslewering
Visie : ONS TUIS strewe na die optimalisering van die beskerming van ouer persone in uitnemende residensiële fasiliteite en die bevordering van aktiewe veroudering van ouer persone.