Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > nuus  > Ons Tuis tehuise in Pretoria, Parys en Mokopane spog met nuwe baadjie

Ons Tuis tehuise in Pretoria, Parys en Mokopane spog met nuwe baadjie

Ons Tuis Groep wat hom beywer vir bejaardesorg en akkommodasie, het aangekondig dat al agt van sy tehuise opgraderings ondergaan het. Van dié tehuise spog met nuwe teëls, verfwerk, nuwe elektriese bedrading, sonpanele en meer.

Die opgraderings het ten doel om die beste geriewe deur middel van veilige en bekostigbare behuising aan bejaardes te bied. Die opgraderings het onder andere die verf van alle fasiliteite ingesluit en van die tehuise is ten volle nuut geteël. Verder is daar aandag geskenk aan onder andere die dakke en elektriese bedrading.

Verskeie van Ons Tuis se tehuise genereer nou elektrisiteit deur middel van ‘n fotovoltaïse sisteem wat ook deel gevorm het van die opgraderings en wat enorme elektrisiteitsbesparings tot gevolg sal hê.

Belangstellende bejaardes wat op soek is na hoë kwaliteit, bekostigbare verblyf en versorging kan ter enige tyd gaan aanklop by een van Ons Tuis se tehuise. Ons Tuis streef daarna om warm tuistes vir ouer persone te skep waar hulle kan sê “Ons is tuis”.

Jaco Bothma, uitvoerende bestuurder van Ons Tuis beklemtoon: “Die instandhouding en opgradering van ons tehuise en versorgingseenhede is vir ons van kardinale belang. Ons lewer met ‘n geruste hart kwaliteit behuisingsoplossings vir bejaardes.”

Ons Tuis is ‘n nie-winsgewende groep wat ‘n antwoord bied op bejaardesorg en akkommodasie deur middel van versorgingoorde, behuisingskomplekse en dienssentrums in Pretoria, Parys en Mokopane.

Share
Hannelie Fourie
No Comments

Leave a reply