Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > nuus  > Ons Tuis Riviera vier een eeu saam met Tannie Nakki

Ons Tuis Riviera vier een eeu saam met Tannie Nakki

Ons Tuis Riviera in Pretoria vier vandag die eeuwording van een van hulle inwoners.

Tannie Nakki Barnard se wyse woorde oor hoe om 100 jaar oud te word: “Bly kalm en wees eerlik,” is ‘n goeie stuk wysheid in hierdie tye.

Die tehuis het vir haar ‘n spesiale verjaardaggeleentheid gereël om die groot mylpaal te vier. Sy is sedert April 2014 ‘n inwoner by Ons Tuis Riviera.

Anna Johanna Francia Barnard was vir 38 jaar met Japie getroud en hulle het drie kinders gehad, een seun en twee dogters – van wie die een reeds oorlede is. Hulle het in Mountain View in Pretoria gebly. Sy het ook drie kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

Tannie Nakki se belangrikste raad oor ‘n goeie, lang lewe is om die Here goed te ken, “elke dag”.

“Ons is bevoorreg om hierdie groot mylpaal saam met Tannie Nakki te vier,” sê Elize van der Westhuizen, die bestuurder van Ons Tuis Riviera. “Sy is ‘n voorbeeld vir ons almal en haar liefde vir die Here inspireer ons elke dag.”

 

Vir media navrae kontak:

Daleen De Jager Gouws – Kommunikasie/Bemarking: Ons Tuis

Sel: 081 233 8351

 

Elize van der Westhuizen – Bestuurder: Ons Tuis Riviera

Sel: 012 329 3623

Share
Hannelie Fourie