Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > nuus  > Ons Tuis Riviera skenk matrasse aan minderbevoorregtes

Ons Tuis Riviera skenk matrasse aan minderbevoorregtes

Ons Tuis Riviera het ‘n aantal ekstra matrasse gehad wat nie in gebruik was nie. Wanneer ‘n bejaarde by Ons Tuis tot sterwe kom los of skenk die familie baie keer die ou bed of matras vir Ons Tuis, vir ander bejaardes wat dit dalk mag nodig kry.

Hierdie ekstra beddens en matrasse het egter oor die jare meer geword, en sommige matrasse is nie meer stewig genoeg om ‘n bejaarde volledig te ondersteun nie. Op 23 Julie het Ons Tuis Riviera dit goed gedink om hierdie matrasse aan minderbevoorregtes te skenk.

Melgisedek, waar minderbevoorregte mense woon, is nie ver van Ons Tuis Riviera af geleë nie. Die mense daar woon in halglike omstandighede en baie het nie die luukse van ‘n bed of matras nie.  Reddingsdaad, ‘n ander minderbevoorregte gemeenskap geleë in Danville bied behuising aan hawelose mense en mense wat net ‘n SASSA inkomste verdien.  By Reddingsdaad woon 45 mense en het hulle drie ander huise in Danville wat gesamentlik aan ongeveer 35 bejaardes behuising voorsien.  Baie van die mense slaap op matrasse wat al deur gelê of baie dun is. Sommiges het nie eers matrasse om op te slaap nie. Ons Tuis Riviera het besluit om van die ou matrasse by Melgisedek en Reddingsdaad aan die mense te gaan skenk.

Daar is 8 matrasse aan die inwoners van Melgisedek geskenk en 14 matrasse en 4 basisse aan Reddingsdaad geskenk.  Die inwoners van Reddingsdaad het genoem dat die matrasse “‘n seëning is” vir hulle. 

Share
Hannelie Fourie
No Comments

Leave a reply