Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > Nuusbrief  > Ons Tuis Piet Potgieter hou anders ‘Inry’

Ons Tuis Piet Potgieter hou anders ‘Inry’

In Meimaand het die inwoners van Ons Tuis Piet Potgieter die begrip ‘Inry’ so bietjie aangepas om by die inperkingsmaatreëls in te pas.

Leerlinge en ouers van Hoërskool Piet Potgieter – sommige met grootouers en ouers in die tehuis – wou graag skenkings maak, maar steeds die inwoners se gesondheid beskerm. Die tehuis het toe gereël dat die skenkings ingery en afgelaai word in sig van die inwoners. Terselfdertyd het die tehuis ‘n tuinpartytjie aangebied.

Daar was min droë oë terwyl die aflewerings plaasgevind het.  

Hannelie Fourie