Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > nuus  > Ons Tuis ondersteun die Wêrelddag vir Bewusmaking teen Bejaardemishandeling

Ons Tuis ondersteun die Wêrelddag vir Bewusmaking teen Bejaardemishandeling

Ouer persone uit alle vlakke van die samelewing word aan mishandeling blootgestel.

Op die Wêrelddag vir Bewusmaking teen Bejaardemishandeling (15 Junie) vra die Ons Tuis groep dat enige persoon wat met bejaardes te doen het – hetsy vriend, familie of versorger – alles in hulle vermoë sal doen om die mishandeling teen bejaardes uit te wis.

“Dit is so verskriklik hartseer dat daar die nodigheid is vir so ‘n dag,” sê adv. Jaco Bothma, die besturende direkteur van Ons Tuis. “Bejaardes is reeds ‘n kwesbare groep as gevolg van ouderdom. Dit is ondenkbaar dat sommige bejaardes ook aan mishandeling blootgestel word.”

Die Ons Tuis groep spesialiseer in die sorg vir verswakte bejaardes en demensielyers. Die groep, met agt tehuise in Pretoria, Parys en Mokopane, versorg sowat 1 000 bejaarde inwoners.

“Enige bejaarde wat blootgestel word aan mishandeling moet dit aanmeld by instansies wat die beskerming van bejaardes op die hart dra,” sê hy. “Bejaardes moet nie stilbly oor mishandeling nie. Hulle moet aangemoedig word om daaroor te praat.”

 

Vir media navrae kontak:

Daleen De Jager Gouws – Kommunikasie/Bemarking: Ons Tuis

Sel: 081 233 8351

 

Jaco Bothma – Besturende Direkteur : Ons Tuis

Sel: 082 779 8728

Share
Hannelie Fourie