Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > nuus  > Ons Tuis-groep toegewyd aan gesonde leefstyl en goeie higiëne

Ons Tuis-groep toegewyd aan gesonde leefstyl en goeie higiëne

Bejaardes is tradisioneel meer kwesbaar vir oordraagbare siektes en dit is verstaanbaar dat inwoners van aftree-oorde en hulle families paniekerig kan wees oor die koronavirus in die lug. Die Ons Tuis-groep is egter heeltemal voorbereid om sulke siektes te hanteer, aangesien die tehuise toegewyd is aan ‘n gesonde leefstyl en goeie higiëne.

“Die Ons Tuis-groep het die nodige voorkomende maatreëls in plek en was nog altyd ingestel op ‘n higiëniese en skoon omgewing by elkeen van ons tehuise,” sê mnr. Jaco Bothma, die Besturende Direkteur van Ons Tuis. “Ons dink egter die virus is die ideale geleentheid om weer die belangrikheid van alledaagse higiëne onder ons inwoners en die personeel se aandag te bring.”

Die Ons Tuis-groep het ‘n interne veldtog van stapel gestuur om enige betrokkenes by die tehuise aan die basiese prosedure rondom gesondheid en higiëne, soos  ‘n skoon omgewing, gereelde hande was – veral tydens etes en toiletroetines – en gesonde kos.

Share
Hannelie Fourie
No Comments

Leave a reply