Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > Emily Hobhouse  > Ons Tuis Emily Hobhouse gee terug aan gemeenskap

Ons Tuis Emily Hobhouse gee terug aan gemeenskap

Op Donderdag 3 Oktber 2019 het Ons Tuis Emily Hobhouse weer hul jaarlikse Lentebraai en Speelgoed kompetisie gehou.

Die instelling het begin toe inwoners bymekaar gekom het met ‘n behoefte om terug te gee aan die gemeenskap. Daar is besluit om een keer per jaar speelgoed, klere en handgemaakte hekel en breiwerk te maak en dan te skenk aan ‘n instansie. In 2018 is hierdie items aan CANSA geskenk, en hierdie jaar gaan dit aan ALMA skool vir gestremde kinders oorhandig word.


Die dag was gevul met samesyn, heerlike braaivleis en slaai en selfs met ‘n Boere Orkes wat inwoners vermaak het.

Die wenners van 2019 se speelgoedkompetisie was:

HEKEL
1ste     No 105            Chrissie Schoonbee
2de      No 82              Nella du Toit
3de      No 90              Nella du Toit
4de      No 89              Nella du Toit

BREI
1ste     No 101            Amelia Boshoff
2de      No 41              Louise van den Berg
3de      No 65              Vivian Levie
4de      No 79              Vivian Levie

SPEELGOED
1ste     No 62              Veronica van Zyl
2de      No 32              Tokkie Basson
3de      No 31              Tokkie Basson
4de      No 110            Annatjie Joubert

Hannelie Fourie
No Comments

Leave a reply