Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > Nuusbrief  > Nuwe uniforms, kapsels en maskers by Andries Marie Oosthuizen

Nuwe uniforms, kapsels en maskers by Andries Marie Oosthuizen

Die personeel van Andries Marie Oosthuizen Tehuis het in Januarie hulle nuwe uniforms ingewy. Die eenvormigheid dra by tot die professionele beeld van die Ons Tuis groep.

Die inwoners het onder leiding van Susan en Kobus Myburg en die kuiergas Rita Scott,  heerlik saamgesing om die nuwe jaar te vier.

Die nuwe haarkapster, Nettie Moolman het in Januarie begin om die inwoners te bederf met nuwe kapsels ‘n lekker koppie koffie.

Groot opgewondenheid het geheers oor die Maskerbal op 14 Januarie en inwoners het self hulle maskers gemaak.

Hannelie Fourie
No Comments

Leave a reply