Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > nuus  > MEDIAVERKLARING: Wen ‘n jaggeleentheid deur Ons Tuis Piet Potgieter

MEDIAVERKLARING: Wen ‘n jaggeleentheid deur Ons Tuis Piet Potgieter

Die Ons Tuis Piet Potgieter Ouetehuis in Mokopane het vandag ‘n kompetisie vir jagters bekendgestel.

In samewerking met die wildsboere in Limpopo bied die tehuis een gelukkige jagter of wildsvleisliefhebber die geleentheid om ‘n jag- of wildsvleispakket te wen. Die fondse wat ingesamel word, sal aangewend word vir die versorging van die bejaarde inwoners van Ons Tuis Piet Potgieter.

Op die spel is ‘n jaggeleentheid ter waarde van R8 500, wat ‘n blouwildebees, blesbok en rooibok insluit. Nie-jagters kan die vleis van een van vier rooibokke wen.

“Ons tehuis is tydens die inperking onder finansiële druk omdat ons nie soos gewoonlik fondsinsamelingaksies kan aanbied nie,” sê mev. Mariana van Tonder, die … van Ons Tuis Piet Potgieter. “Aangesien ons tehuis in die jag- en wildsomgewing is, het ons gevoel dat so ‘n kompetisie ideaal is om fondse in te samel, maar steeds ons inwoners te beskerm.

“Ons is baie dankbaar vir die boere van Limpopo wat so gaaf was om vir ons hierdie pryse te skenk, sodat ons uit die wins kan voorsien in ons bejaardes se behoeftes.”

Kaartjies vir die kompetisie is beskikbaar by hierdie skakel teen R200 per kaartjie. Daar is geen beperking op die hoeveelheid kaartjies per persoon nie. Die kompetisie sluit op 30 Junie 2020.

Vir media navrae kontak:

Daleen De Jager Gouws – Kommunikasie/Bemarking: Ons Tuis

Sel: 081 233 8351

Jaco Bothma – Besturende Direkteur : Ons Tuis

Sel: 082 779 8728

Share
Hannelie Fourie
No Comments

Leave a reply