Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > nuus  > MEDIAVERKLARING: Ons Tuis Riviera ondersteun ‘n nuwe generasie op Mandeladag

MEDIAVERKLARING: Ons Tuis Riviera ondersteun ‘n nuwe generasie op Mandeladag

Ons Tuis Riviera in Pretoria wil vir Mandeladag op 18 Julie graag aan die gemeenskap teruggee om dankie te sê vir die volgehoue ondersteuning aan die tehuis gedurende die inperking.

Tehuise vir bejaardes volg baie streng afsonderingsmaatreëls om die inwoners – wat meer kwesbaar is om aangetas te word – veilig en gesond te hou. Dit het tot gevolg gehad dat Ons Tuis se insamelingsgeleenthede ook gekanselleer moes word, en die tehuise finansieel begin swaarkry het. Maar, die gemeenskap het uitgespring en verseker dat die inwoners nooit sonder die noodsaaklike daaglikse items was nie.

“Ons inwoners, familie en vriende het besluit om mussies, kombersies, speelgoed en kousies vir vroeggebore babas by die Steve Biko Hospitaal te brei,” sê mev. Elize van der Westhuizen, die bestuurder van Ons Tuis Riviera. “Ons wil graag ‘n verskil maak in ‘n nuwe generasie se lewens en nooi enigeen om saam te brei.”

Die tehuis samel ook honde- en katkos, kombersies, handdoeke en skoonmaakmiddels vir Wollies Animal Shelter in.

Die eerste skenking sal op Mandeladag afgelewer word, maar die projek gaan daarna steeds voort. Enige bydraes kan by Ons Tuis Riviera – Soutpansbergweg 180 – afgelewer word.

 

Vir media navrae kontak:

Daleen De Jager Gouws – Kommunikasie/Bemarking: Ons Tuis

Sel: 081 233 8351

 

Elize van der Weshuizen – Bestuurder: Ons Tuis Riviera

Sel: 082 333 5975

Share
Hannelie Fourie