Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > Emily Hobhouse  > Mediaverklaring: Ons Tuis Emily Hobhouse skop op met Kontreifees

Mediaverklaring: Ons Tuis Emily Hobhouse skop op met Kontreifees

8 Oktober 2019

Afsondering en swak lewensgehalte is twee van die grootste uitdagings waarmee ouer persone te doen kry. 

Die jaarlikse Kontreifees van die Ons Tuis Emily Hobhouse Tehuis* in Capital Park, Pretoria is daarom baie belangrik om te verseker dat die inwoners met waardigheid ouer word. 

“Die Kontreifees bied aan inwoners die geleentheid om bande te smee met die gemeenskap en vir die tehuis om die dienste en kwaliteit van sorg ten toon te stel,” sê Martie Champion, die organiseerder. “‘n Verdere doel is om die tehuis se fondse aan te vul en sodoende die inwoners se verblyf en geriewe te verbeter. Ons tehuise ontvang geen subsidie van die staat nie en is daarom op hulself aangewese om die nodige fondse in te samel.”

Die Kontreifees word op Saterdag 26 Oktober tussen 8:00 en 15:00 by die tehuis aangebied. Afgesien van verskeie kosstalletjies met pannekoek, kerrie & rys, vetkoek met verskeie vulsels, pap & kaiings, stampmielies en afval, sal die inwoners se handvlyt soos naaldwerk, tuisgebak en ander handewerk ook te koop wees. Verder kan winskopiejagters uitsien na plaasstal-items, plante en die tradisionele wit olifanttafel. 

Die kunstenaar Gary Forwood sal besoekers by die teetuin vermaak.   

Besoekers kan die geleentheid verder ondersteun deur ‘n R20-lootjie vir ‘n blesbok te koop. 

Kom geniet die dag van samesyn ten bate van ouer persone: 
Datum:     Saterdag, 26 Oktober 2019
Tyd:           8:00 tot 15:00
Plek:          Emily Hobhouse Tehuis; 
                  Malherbestraat 55, Capital Park, Pretoria
Navrae:     Martie Champion by 082 614 6224; 
                  Gellie Geldenhuys by 082 684 9001; 
                  Johann de Beer by 082 334 7051. 

Vir media navrae kontak: 
Juanita du Preez – Mediaskakelbeampte 
Sel: 074 500 3915 

*Die Emily Hobhouse Tehuis is deel van die Ons Tuis organisasie met agt tehuise onder die vaandel. Emily Hobhouse is ‘n selfversorgingsfasiliteit met kamers,huurwoonstelle en woonreg-eenhede waar 175 ouer persone woon en ondersteunende dienste vanuit die tehuis ontvang.

Hannelie Fourie
No Comments

Leave a reply