Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > nuus  > MEDIAVERKLARING: Bejaardes van Piet Potgieter Tehuis nooi jou uit na die Brille en Pille Motorfietsrit, Kleurdraf en Basaar Pretdag!

MEDIAVERKLARING: Bejaardes van Piet Potgieter Tehuis nooi jou uit na die Brille en Pille Motorfietsrit, Kleurdraf en Basaar Pretdag!

Die Brille en Pille Pretdag en Basaar is om die draai. Kom geniet ‘n pannekoek of ‘n jafel en ondersteun die inwoners van die *Piet Potgieter Tehuis se naaldwerk, tuisgebak en eie handewerk wat ook by die basaar te koop sal wees op Saterdag, 7 November 2020. Vanjaar se gaskunstenaar, Danie van Niekerk sal besoekers deurgaans vermaak.

 

Dié geleentheid word jaarliks by die tehuis in Mokopane (Potgietersrus) aangebied om die aktiewe veroudering van inwoners te bevorder en om fondse vir die tehuis in te samel.“ Die motorfietsrit en kleurdraf bied aan inwoners die geleentheid om bande met die gemeenskap te smee en weer jonk te voel,” sê Mariana van Tonder, die organiseerder en bestuurder van die tehuis.

 

“Die basaar wat ook deel van die dag se verrigtinge is, is ‘n manier om die tehuis se fondse aan te vul om sodoende die inwoners se verblyf en geriewe te verbeter. Ons tehuise ontvang slegs ‘n klein subsidie van die staat en is daarom op hulself aangewese om die nodige fondse in te samel.”

 

Die tema vir vanjaar se Motorfietsrit is Jailhouse Rock. Registrasie vir die motorfietsrit deur die dorp sal vanaf 08:00 plaasvind. Inskrywings beloop R100 per persoon wat ‘n lapwapen en ontbyt, asook ‘n inskrywing vir ‘n gelukkig trekking van pryse ter waarde van R1 000 elk insluit. Ontbyt word vanaf 08:00-10:30 bedien waarna die massa motorfietsrit om 11:00 sal begin.

 

Daar is ook groot pryse te wen in die kleurdraf (colour run) wat deel vorm van die dag se verrigtinge! Die wegspring is om 07:30. Die kostes wissel van gratis ingang vir voorskoolse kinders, R70 vir volwassenes en R30 vir bejaardes. Skryf aanlyn in vir die kleurdraf by https://onstuis-otmt.org.za/ en betaal dan per EFT of kontantdeposito deur van die volgende bankbesonderhede gebruik te maak:

 

Piet Potgieter Ouetehuis

FNB 51421166187

E-pos bewys van betaling aan: marianavt@otmt.org

 

Kleurdrawwers is ook welkom om die oggend van 7 Nov. tussen 06:00 tot 07:00 by Piet Potgieter Ouetehuis in Rabestraat 59, Mokopane in te skryf. Onthou om ‘n wit hemp aan te trek!

 

Kom geniet die dag van samesyn en pret ten bate van bejaardes:

 

Datum:     Saterdag, 7 November 2020

Tyd:          06:00 tot 14:00

Plek:         Piet Potgieter Tehuis;

Rabestraat 59, Mokopane, Limpopo

Navrae:    Mariana van Tonder

015 491 6314 / 082 804 6854 of

marianavt@otmt.org

 

 

Vir media navrae kontak:

Mariana van Tonder

Bestuurder: Piet Potgieter Tehuis

Sel: 082 804 6854

 

COVID-19 veiligheidsmaatreëls sal toegepas word.

 

*Die Piet Potgieter Tehuis is deel van die Ons Tuis fasiliteite met agt tehuise onder een vaandel. Piet Potgieter Tehuis bied ‘n 24-uur allesomvattende diens vir 78 verswakte bejaardes, waarvan 28 demensie of Alzheimer se siekte het.

Share
Hannelie Fourie