Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > Nuusbrief  > Machteld Postmus feesvieringe

Machteld Postmus feesvieringe

Die inwonerskomitee van Machteld Postmus het die feesseisoen met verskeie geleenthede verwelkom.

Die nuwe lapa wat deur oorlede Jaap Veenstra geskenk is, is in gebruik geneem en die jaareindfunksie is aangebied.

Die inwoners het ook afskeid geneem van Jo-Mari Haarhoff as die bestuurder van die tehuis. Die geleentheid is in die eetkamer aangebied en gaste is bederf met koue vleise, slaaie en nagereg. Liggies en kerse het die geleentheid ‘n spesiale atmosfeer gegee nadat beurtkrag die verrigtinge onderbreek het.

Hannelie Fourie
No Comments

Leave a reply