Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > Emily Hobhouse  > Leerders van AHMP reik uit na inwoners

Leerders van AHMP reik uit na inwoners

Ses leerders van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het op 9 Augustus na Ons Tuis Riviera uitgereik vir Vrouedag.

Die leerders, Renè , Carla, Nicole, Charlè , Lume en Lindy het Ons Tuis besoek en inwoners vermaak met ‘n hele program vol kultuur. Die vertonings het vermaak ingesluit met ‘n musiektrio, waar ‘n saksofoon, viool en tjello gespeel is. Verder is ‘n liedjieraai kompetisie aangebied, het Carla ‘n monoloog en Charlè ‘n praatjie aan inwoners voorgehou. Lume, Nicole en Lindy het inwoners vermaak met sang, terwyl Carla die geskiedenis van Vrouedag voorgehou het.

Ons Tuis het groot waardering vir jongmense se behoefte om uit te reik na bejaardes. Deur sulke aksies word nie net die bejaardes nie, maar ook die jongmense bevoordeel. Deur bejaardes te besoek kry die besoeker weer perspektief oor waar hy/sy staan in die lewe en samelewing. Inwoners in residensiële fasiliteite kan maklik eensaam word en besoeke uit die gemeenskap verminder kanse vir eensaamheid.

Hannelie Fourie
No Comments

Leave a reply