Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > nuus  > Kultuurdag 2019 by Ons Tuis

Kultuurdag 2019 by Ons Tuis

Ons Tuis Riviera het op 27 September 2019 kultuurdag gevier.  Die inwoners en personeel het hul kultuurdrag aangetrek en almal het die geleentheid gehad om mekaar te vermaak met rolspel, sang en dans of gedigte voordra. 

Die personeel van Ons Tuis het afgeskop met ‘n rolvertoning van “Mamma, ek wil ‘n man hê”.  Die manne wat die jonge meisie van kon kies het ingesluit ‘n Fransman, ‘n Skot, ‘n Amerikaanse “cowboy”, ‘n Griek en natuurlik ‘n boerseun.  Daarna het die inwoners gesing, gedigte voorgedra en is daar afgesluit met die personeel wat ‘n tradisionele dans gedoen het. Dan Fourie hethet inwoners met sang vermaak en ook musiek deur die oggend gespeel.

Tydens die opvoerings is vingerhappies voorgesit wat elke land se kultuur en kos verteenwoordig het. Middagete was heerlike worsrolle, gebraai op die vuur gevolg deur eg Suid-Afrikannse koeksisters.

Share
Hannelie Fourie
No Comments

Leave a reply