Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > Nuusbrief  > Geen ontwrigting tydens inperking

Geen ontwrigting tydens inperking

Tydens die inperking probeer die personeel van Ons Tuis Riviera om die inwoners so min as moontlik te ontwrig. Die snoepie is steeds oop en bejaardes kan daar ook ekstra lugtyd koop om met geliefdes in verbinding te bly.  

Die personeel maak seker dat die inwoners gesond bly deur hulle gereeld hulle medikasie te gee.

Higiëne is baie belangrik by die tehuise en die inwoners van Riviera Tehuis word aangemoedig om gereeld hulle hande te was.

Hannelie Fourie