Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > nuus  > MEDIAVERKLARING: Brille en Pille Motorfietsrit, Kleurdraf en Basaar vir Piet Potgieter Tehuis

MEDIAVERKLARING: Brille en Pille Motorfietsrit, Kleurdraf en Basaar vir Piet Potgieter Tehuis

Die jaarlikse Brille en Pille Motorfietsrit en Kleurdraf is een van die vele geleenthede wat die *Piet Potgieter tehuis vir bejaardes in Mokopane (Potgietersrus) deur die jaar aanbied om aktiewe veroudering van inwoners te bevorder en om fondse vir die tehuis se funksionering in te samel.

 “Die motorfietsrit en pretdraf bied aan inwoners die geleentheid om bande te smee met die gemeenskap,” sê Mariaan van Tonder, die organiseerder. “Die basaar wat ook deel van die dag se verrigtinge is, is ‘n manier om die tehuis se fondse aan te vul om sodoende die inwoners se verblyf en geriewe te verbeter. Ons tehuise ontvang slegs ‘n klein subsidie van die staat en is daarom op hulself aangewese om die nodige fondse in te samel.”

Die Brille en Pille Pretdag en Basaar word op Saterdag 2 November 2019 tussen 06:00 en 14:00 by die tehuis aangebied. Afgesien van verskeie kosstalletjies met pannekoek en jafels sal die inwoners se handvlyt soos naaldwerk, tuisgebak en ander handewerk ook te koop wees.

Die kunstenaar Danie van Niekerk sal besoekers deurgaans vermaak en die Wêreldbekerrugby sal op ‘n grootskerm by die biertuin vertoon word.    

Registreer vanaf 06:00 vir die Kleurdraf van 3 of 6km. Kostes vanaf R70 vir volwassenes tot gratis vir kleuters. Die Kleurdraf wegspring sal om 07:00 plaasvind.

Registrasie vir die Motorfietsrit deur die dorp sal vanaf 08:00 plaasvind. Inskrywings beloop R100 per persoon wat ‘n lapwapen en ontbyt, asook ‘n inskrywing vir ‘n gelukkig trekking van pryse ter waarde van R1 000 elk insluit. Ontbyt vir persone wat nie motorfietsryers is nie, kos R50. Ontbyt word bedien tot 10:30, waarna ‘n massa motorfietsrit deur die dorp om 11:00 sal begin.

Kom geniet die dag van samesyn ten bate van bejaardes:

Datum:           Saterdag, 2 November 2019

Tyd:                06:00 tot 14:00

Plek:               Piet Potgieter Tehuis;

Rabestraat 59, Mokopane, Limpopo

Navrae:          Mariana van Tonder – 015 491 6314 / 082 804 6854 of marianavt@otmt.org

Vir media navrae kontak:

Mariana van Tonder – Bestuurder: Piet Potgieter Tehuis

Sel: 082 804 6854

*Die Piet Potgieter Tehuis is deel van die Ons Tuis fasiliteite met agt tehuise onder eenvaandel. Piet Potgieter Tehuis bied ‘n 24-uur allesomvattende diens vir 78 verswakte bejaardes, waarvan 28 demensie of Alzheimer se siekte het.

Hannelie Fourie
No Comments

Leave a reply