Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > nuus  > Andries-Marie Oosthuizen Tehuis bied Ouer-Kinddag teen eensaamheid aan

Andries-Marie Oosthuizen Tehuis bied Ouer-Kinddag teen eensaamheid aan

Sowat een uit drie bejaardes ly aan eensaamheid. Die verlies aan werk, afsterwe van eggenotes en tydgenote, siekte of verswakte gesondheid is van die oorsake hiervoor. Dit lei op die beurt na depressie en verswakking, maar kan verhoed word deur gereelde kontak met vriende en familie.

“Ons sien elke dag hoe belangrik samesyn, veral van familie, is om veroudering teen te werk,” sê Teresa Broodryk, matrone van die Andries-Marie Oosthuizen Tehuis* in Parys, Vrystaat. “Dit is waarom ons moeite doen om Ouer-Kinddae aan te bied.”

Die Ouer-Kinddag word op Saterdag 23 November by die tehuis aangebied. Afgesien van ‘n modeparade met uitrustings van Milady’s word verskeie interessante besprekings oor gesondheid en aktiewe veroudering deur Kind-2-Hearing,Cal-Mag-C en Anneke Liebenberg wat betrokke is by die “Aktiewe Verouderings Program van AVBOB aangebied. Die inwoners se handewerk sal te koop aangebied word en vir die boekwurm sal daar leesstof wees wat opgeraap kan word. Verder kan besoekers ook eetgoed by die tehuis se snoepie aankoop.

Die duet CrossPhire sal besoekers op die dag vermaak en vir die kleinkinders wat sukkel met stilsit is daar ‘n springkasteel.  

Enige belangstellendes kan kaartjies teen R150 per persoon koop om die dag by te woon. Die kaartjie sluit ‘n ete in.  

Kom geniet die dag van samesyn teen eensaamheid:

Datum:           Saterdag, 23 November 2019

Tyd:                9:00 tot 14:00

Plek:               Andries-Marie Oosthuizen Tehuis;

Tweedelaan 15, Parys, Vrystaat

Koste:             R150 per persoon

Besprekings: Teresa Broodryk by 078 0705 200 of 056 811 2185.

Vir media navrae kontak:

Teresa Broodryk – Matrone: Andries-Marie Oosthuizen Tehuis

Sel: 078 0705 200

*Die Andries-Marie Oosthuizen Tehuis is deel van die Ons Tuis organisasie met agt tehuise onder die vaandel. Andries-Marie Oosthuizen bied ‘n versorgingsafdeling vir 25 verswakte bejaardes en ‘n behuisingseenheid waar bejaardes wat nog selfstandig funksioneer in kamers en in woonstelle woon en ondersteunende dienste vanuit die tehuis ontvang.

Share
Hannelie Fourie
No Comments

Leave a reply