AMOT vier Valentynsdag

Ons Tuis Andries Marie Oosthuizen in Parys se inwoners het Valentynsdag gevier met ‘n heerlike ete en Country Gospel-sang deur Eugene en Saartjie. Personeel en inwoners was kreatief en het maskers gemaak wat tot die funksie se vrolikheid bygedra het. Daar was ‘n kompetisie gehou en Elise Dietrichsen het die wisseltrofee gewen vir Valentyn 2020 met haar oorspronklike “Spider Woman” masker.

Ons Tuis is tuis! En met baie pret!

Hannelie Fourie
No Comments

Leave a reply