Ons Tuis | OTMT | Retirement Homes > Nuusbrief  > AGS Encore Hatfield deel bedsokkies uit by Ons Tuis Riviera

AGS Encore Hatfield deel bedsokkies uit by Ons Tuis Riviera

Die AGS Encore Hatfield gemeente het op 25 Julie 70 bedsokkies by Ons Tuis Riviera kom uitdeel.

Die gemeente het ongeveer 300 sokkies gebrei wat hulle dan by verskeie tehuise gaan uitdeel het. Ses dames en Pastoor Amanda Mitchell van die gemeente het die bejaardes kom besoek en is daar nie net sokkies uitgedeel nie, maar ook vir ons inwoners wat gemaklik was daarmee, gebid. Dit was Encore AGS gemeente se eerste besoek aan Ons Tuis Riviera en ons hoop om hulle sommer gou weer te sien. 

Hannelie Fourie
No Comments

Leave a reply